Johannesburg Akkommodasie
Dié gasvrye akkommodasie in Johannesburg is geskep met passie en die vrye teuel sjarme van speel met lig en kleur deur die boheemse Lise.
Jacques en sy span skep ‘n warm Suid Afrikaanse kaalvoet gasvryheid. Soveel so dat oorsese en plaaslike professore, skrywers, studente, film mense, Europese TV spanne, besige besigheidsmense, verliefdes en familie reisigers gou gekoester voel.
A ROOM WITH A VIEW GASTEHUIS, is geleë in die hartjie van Johannesburg se boomryke park-voorstede. Hoog teen die rante van Melville, het die meeste kamers vergesigte oor die Melville Koppies, Johannesburg se Botaniese Tuin en op ‘n mooi dag, tot by die Magaliesberge. Daar is gasvure teen die winterkou, groot storte en diep baddens, hemelse beddens en warm, vriendelike personeel. Drie van die kamers het hulle eie glasdak sithoekies. Meeste kamers het ‘n eie balkon.
Vriendelike gaste bevind hulself dikwels in lewendige gesprekke tydens die mondwater-ontbyt of laatmiddag oor ‘n glas wyn in die boonste sonkamer. Hier aanskou mens die sonsondergang en sien hoe die liggies oor Johannesburg aan-flikker, of nog beter: beste fotos neem van persblou donderwolke en dansende weerlig strale, veilig onder Lise se maan. Dit is ook die plek vir kuier om ‘n braaivuur (moet net nie stry oor voerkraal of ‘free range’ geliefde bosveld beeste nie). Daar is ook ‘n Bosveldplaas, die een met ‘n Honderd Engele. Dit is vir lang onopgesmukte rus.
Nie lus vir gesels nie?... vind een van die menige stil hoekies, langs die sag-groen sprankelende swembad, stil sitkamer of privaat terrasse. |